Local newsNationalNewsNews

Help asseblief om verlore Liefie te vind

'n Gesin van Leeuhof is rasend van bekommernis oor hul neotropiese papegaai wat verlede Dinsdag (21 September 2021) uit hul huis in Leeuhof gevlieg het en nou vermis is.

VEREENIGING. – Die Jenday Conure (ook bekend as ‘n Jandaya Parakiet) het groen vlerke en stert, rooi-oranje lyf met ‘n geel kop en nek.

Die eienaar van die parakiet, Susan Victor, vertel: “Sy het Dinsdag uit die huis gevlieg. Haar naam is Liefie en sy is 9 jaar oud. Sy is soos een van ons kinders en baie bederf.”

Susan sê hulle bied ‘n beloning aan as iemand haar kry.

Indien iemand dalk hierdie parakiet gewaar het word hulle versoek om asseblief vir Susan by 078 612 4070 of haar man Dirk by 073 3059573 te skakel.

Liefie die parakiet is soos ‘n gevleulde kind vir die Victor-gesin. Foto: Verskaf
Die gesin bied ‘n belonging aan as iemand kan help om hul gevleulde kind terug te besorg. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button