Local newsNewsOpinions

Hoofsweep sê: Laat Politici se dade vir hulself spreek

'Met dié bring ek hulde aan die raadslede in die arena wat in Midvaal ‘n verskil gemaak het en veral aan dié wat die tuig in 2021 neerlê' - Raadsheer Pretorius

Raadsheer Phil C Pretorius, DA-Hoofsweep, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, skryf:

Ek hoor onlangs die metafoor en leen dit graag met aanpassings vir die doel. Jy sal teen dié tyd weet dat dit baie moeilik is om te praat met die masker op jou gesig en dan is dit amper onmoontlik vir iemand om jou te hoor wanneer jy praat.

Is dit nie die Here of heelal wat vir ons vra om minder te praat nie? Jou mond word verbloem en jou ore tuit getrek om eerder te luister.

Ek sien al die memes wat verduidelik hoe sosiale media ons baie uitgesproke, voor op die wa en waaghalsig met die tong gemaak het.

Dan is daar opmerkings soos: “Alle politikusse is korrup”, “hulle het nog NOOIT iets vir my gedoen nie” en “die munisipaliteit is in sy kanon in…” hierdie ingrypende stellings (sweeping statements) maak veralgemenings algemeen, want selfs as die munisipaliteit jou vullis vir 10 jaar getrou verwyder het, maar die trok breek hierdie week, sal mense oop en bloot verklaar dat die munisipaliteit NOG NOOIT die vullis betyds verwyder het nie.

Ek glo dat mens soms die arm gryp as hulle die vinger gegee word en omrede hulle nie reggehelp of tereg gewys word nie, word dit die aanvaarde status quo.

Maar die gesegde wat lui dat as jy vyande het beteken dit jy het iewers vir iets opgestaan in jou lewe, word weerklink deur die gedig van Charles Mackay getiteld: You Have No Enemies?

You have no enemies, you say?

Alas! my friend, the boast is poor;

He who has mingled in the fray

Of duty, that the brave endure,

Must have made foes! If you have none,

Small is the work that you have done.

You’ve hit no traitor on the hip,

You’ve dashed no cup from perjured lip,

You’ve never turned the wrong to right,

You’ve been a coward in the fight.

(https://www.poeticous.com/charles-mackay/you-have-no-enemies)

In politiek is daar die gesegde: “You cannot please all the people all the time.” Ons eerbare burgemeester Bongani Baloyi sê egter: “I try to please most of the people most of the time.” En dit is ook so dat mens nie almal gelukkig kan hou nie. Inwoners stel petisies op vir ‘n sirkel en sodra die sirkel klaar gebou is, is daar persone wat petisies opstel om dit te verwyder. Dit is en bly maar ‘n ondankbare werk om die diens van die publiek te wees. Ek vra dat u net sal oorweeg dat nie alle politikusse korrup is en verkiesbaar staan vir eie gewin nie. Maar laat hulle dade vir hulself spreek.

Dit was Theodore Roosevelt wat betrokkenheid as voorvereiste so mooi opgesom het:

“It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; but who does actually strive to do the deeds; who knows great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at the best knows in the end the triumph of high achievement…”

Met die bring ek hulde aan die raadslede in die arena wat in Midvaal ‘n verskil gemaak het en veral aan dié wat die tuig in 2021 neerlê.

Rdl. Wayne DeAgrella (wyk 1), rdl. Marie Schoeman (wyk 3), rdl. Hennie Oosthuysen (wyk 9), rdl. Sue Muirhead (wyk 13) en raadsheer Bongani Baloyi. Salani kakuhle.

Trotse Midvaal Groete. Phil.

Web: www.midvaal.gov.za

Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network

Tel: 0861 643 8225

MyMidvaal App

****************************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button