LifestyleNews

Klip River Country Estate – die ideale venue vir jou droomtroue

Klip River Country Estate is beslis enig in sy soort as dit kom by persoonlike diens. Tyd, moeite en passie word toegewy aan elke bruid se troue.

Klip River Country Estate is geleë op die walle van die Kliprivier in ‘n pragtige, ruim en boomryke omgewing. Dit is die ideale trouvenue en hiervan kan honderde tevrede bruidspare reeds getuig.

Klip River Country Estate bestaan al 13 jaar en word besit en bestuur deur twee sussies wat gaste met hartlikheid verwelkom. Dié pragtige onthaalbestemming spog met ‘n groot grasdakkerk waar tot 250 mense kan sit. Daar is ‘n kerkklok en ‘n orrel wat tot die spesiale atmosfeer bydra. Vir die onthaal is daar vier sale om van te kies – van groot, geskik vir sowat 300 mense, tot klein, vir so min as 15 mense. Hul eerste buitelug onthaalsaal wat tot 200 mense sal kan akkommodeer, is tans in aanbou. Onder, teenaan die rivier, is daar ‘n houtdek waar buitelugtroues of funksies gehou kan word, asook twee ander tuin-opsies vir troues tussen die bome…

Klip River Country Estate is beslis enig in sy soort as dit kom by persoonlike diens. Tyd, moeite en passie word toegewy aan elke bruid se troue.

Hulle het ook ‘n vierster-gastehuis met 11 volledig toegeruste kamers – ideaal vir trougaste, konferensiegangers of die besigheidsreisiger. Die venue met sy rustige country-gevoel is nie net ‘n ideale trouplek nie, maar is ook geskik vir konferensies, babatees, kombuistees, verjaardae en jaareindfunksies. Baie skole in die area hou ook elke jaar hul matriekafskeid hier. Die groot saal is ideaal vir dié doel en daar is genoeg plek vir die matrieks om in hul spesiale voertuie afgelaai te word en dan op die rooi tapyt na die saal te stap. Vir meer inligting kan Klip River Country Estate se behulpsame personeel by (016) 100 2001 of info@krce.co.za gekontak word.

Die binnekant van die pragtige kapel by Klip River Country Estate.

************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button