Local newsNewsNews

Skietaanval voor VUT was goed beplan

VANDERBIJLPARK. - 'n Dramatiese toneel het vanmiddag omstreeks 13:00 voor die Vaal Universiteit van Tegnologie  (VUT) afgespeel toe daar 'n goed beplande aanval op die bestuurder van 'n wit SUV Mercedez Benz was.

Dit wil voorkom of die aanval iets te doen het met die busdiens-tenders van VUT. Die man wat geskiet is, is glo die eienaar van ‘n busdiens.

Dit is egter net hoorsê en kon nog nie bevestig word nie. Omstanders op die toneel het vertel hoe twee voertuie agter die wit Mercedez gery het in die rigting die Barragepad, toe een vinnig verby jaag en ‘n u-draai in die pad gemaak het om die bestuurder van die Mercedez te verhoed om verder te kon ry.

Terselfdertyd het die ander voertuig langs die wit Mercedez gery en op die bestuurskant losgebrand. Vaalweekblad se verslaggewer op die toneel, Lazarus Dithagiso, het gesê dat daar baie skote op die voertuig gevuur is, waarvan ten minste 9 die motor aan die bestuurkant getref het, asook sowat 9 skote van voor.

Die aanvalllers het daarna van die toneel weggejaag. Een van die voertuie was later in ‘n ongeluk betrokke en twee van die verdagtes is in hegtenis geneem.  Daar was glo nog twee mans in die ander voertuig.

Polisie en nooddienspersoneel was kort daarna op die toneel. Die bestuurder van die wit Mercedez Benz is bebloed agter sy stuurwiel gevind en inderhaas hospitaal toe geneem.

Daar is nog nie uitgeklaar hoeveel keer hy raakgeskiet is nie.

Die bestuurder van die wit Mercedez is bebloed agter die stuur gevind en hosptitaal toe geneem. Foto’s: Lazarus Dithagiso

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button