Local newsNewsNews

Die Vaal se onderwysers is tops

Die tyd is besig om uit te loop, gaan stem vandag nog vir die twee onderwysers van die Vaal by https://solidariteit.co.za/onderwyser-van-die-jaar-stem/.

Solidariteit het onlangs ‘n landwye veldtog geloods waar hulle gevra het vir benoemings vir die Laer- en Hoërskoolonderwyser van die Jaar titels.

Verlede week is die 20 finaliste in elke kategorie aangekondig en in die Vaal spog ons met ‘n laerskool én hoërskool finalis.

Een van die Laerskool Voorwaarts in Meyerton se Gr. 2 onderwyseresse, Macherie Strydom, is onder die 20 finaliste wat ‘n kans staan om as Laerskoolonderwyser van die Jaar gekroon te word.

Elke finalis se storie word in sy of haar eie woorde op Solidariteit se webtuiste vertel.

Macherie vertel van haar liefde vir die onderwys en kinders en hoe sy elke dag ‘n verskil kan maak.

Sy sê: “Jy besef dit dalk nie altyd nie, maar jou sagte stem, jou lag en toeganklikheid maak dalk net daai eensame kind in jou klas se dag.

“Ek wil al my liefde en omgee aan elke kind in my klas gee. Ek wil hê hulle moet soos sponsies wees en als opsuig wat ek hulle leer.

“Ek dink nie jy kies die beroep as onderwyser nie, die beroep kies jou.”

In Sasolburg hou almal duimvas vir HTS Sasolburg se departementshoof van tegniese vakke en hoof van rugby, Stefan Geldenhuys.

Hy is een van die finaliste vir die titel Hoërskoolonderwyser van die Jaar.

Stefan het in 2010 begin skoolhou by die Hoërskool Wilgerivier in Frankfort as ‘n Ingenieursgrafika en – Ontwerp-onderwyser vir Gr. 10 –12.

In 2013 het hy hom by die HTS Sasolburg-span aangesluit. Hier is hy baie meer as net die HOD tegniesevakke.

Hy is ook die koshuisvader en is aktief betrokke by die skool se atletiek, rugby en krieketafrigting.

Stefan sê: “Ek het nooit vir ‘n oomblik twyfel in my hart gehad dat ek ‘n onderwyser wil wees nie, dit is my roeping.”

Stefan sluit sy boodskap op Solidariteit se webtuisteblad vir die finaliste af met: “Die onderwys is nie ‘n maklike beroep om in te staan nie, maar my werk is elke dag vir my lekker, nie altyd die hele dag nie, maar elke dag.

“Sal ons wankel voor die storm van die dag? Nimmer nee!”

Die aanlyn stembusse is oop tot 1 Oktober om 17:00. Gaan stem by https://solidariteit.co.za/onderwyser-van-die-jaar-stem/.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button