Local newsNationalNewsNews

Gewapende rooftog by Checkers-winkelsentrum in Arcon Park

Ongeveer ses gewapende rowers het glo Vrydagmiddag (1 Oktober 2021) die Ackermans-winkel by die Checkers-winkelsentrum in Arcon Park beroof.

VEREENIGING. – Die polisie was tydens Vaalweekblad se besoek Vrydagmiddag steeds op die toneel met die forensiese eenheid wat op pad was.

Volgens bronne op die toneel is verskeie skote buite die winkelsentrum afgevuur.

Die gewapende verdagtes het glo die vroulike personeel van die winkel met vuurwapens aangehou en selfone, klere en kontant gebuit voor hulle op die vlug geslaan het.

Blykbaar het hulle in twee verskillende voertuie weggejaag, waarvan een glo ‘n Toyota Corolla is.

Vaalweekblad het nog nie ‘n amptelike verklaring van die polisie af ontvang nie, maar sal die storie opdateer sodra ons meer inligting het.

Die Ackermans-klerewinkel was Vrydag met linte toegespan na ‘n gewapende rooftog. Foto: Christiaan Cloete
‘n Vrou wat in die winkel was tydens die rooftog vra ‘n polisielid om haar man te laat weet dat sy veilig is. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button