Local newsNationalNewsNews

Polisieduikers haal lyk uit Vaalrivier naby Villiers

Die lyk van 'n 26-jarige man is Vrydag (1 Oktober 2021) uit die Vaalrivier naby Villiers gehaal.

Die man is ‘n dag tevore as vermis aangemeld.

Polisieduikers onder leiding van lt. kol. Conrad Fouche is ontbied nadat die klere van die vermiste man naby die rivier aangetref is.

‘n Bybel met die oorledene se naam en adres in het die veewagter wat op die klere afgekom het glo in staat gestel om die familie op te spoor.

Die oorledene het op 27 September vermis geraak, maar die familie het hom nie as vermis aangemeld nie aangesien hulle gedink het dat hy in die omgewing van Qalabotjha in Villiers was.

Hulle het bekommerd begin raak toe ‘n veewagter hulle in kennis gestel het dat hy die klere en bybel van die vermiste persoon naby die rivier gevind het.

‘n Geregtelike doodsondersoek word gedoen en ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die man se dood te bepaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button