Local newsNationalNewsNews

VF Plus veroordeel moord op boer van Heilbron

Die Vryheidsfront Plus het diep medelye met die naasbestaandes van Petrus Steyn (53) betuig wat wreed aangeval en vermoor is op sy plaas in Heilbron.

Steyn is Donderdagoggend (30 September 2021) deur een van sy werkers in ’n stoorkamer op die plaas Holfontein tussen Heilbron en Frankfort ontdek.  

Volgens brig. Motantsi Makhele, woordvoerder vir die polisie in die Vrystaat, het hy kopbeserings gehad wat moontlik deur ’n skerp voorwerp veroorsaak is.  

Daar word vermoed dat hy reeds Woensdagaand (29 September 2021) vermoor is.  

Volgens Makhele is ‘n kluis in die huis oopgesny en twee vuurwapens word vermis.  

Volgens haar het die polisie drie aanvallers se voetspore om die huis gekry.

Die spore loop egter dood aangesien reën dit uitgeswis het.  

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.  

Steyn, ‘n jarelange Heidelberger en sy gesin is van Heidelberg in Gauteng en was in die proses om na Heilbron te verhuis waar hy met vee geboer het.  

Jan van Niekerk, die Vryheidsfront Plus se provinsiale leier in die Vrystaat beskryf Steyn as “ʼn staatmaker in sy gemeenskap” en vertel dat Steyn onder meer voorsitter van die Laer Volkskool in Heidelberg se beheerraad was.  

“Die groter tragedie van ʼn plaasaanval soos hierdie is gewoonlik die gesin en gemeenskap wat diep geraak word. In mnr. Steyn se geval is drie kinders, Tiané, Claudine en Paul, sonder ʼn pa gelaat. Hy laat ook sy eggenote, Annette, agter,” sê van Niekerk.  

“Die VF Plus is besorg daaroor dat die boeregemeenskap moedeloos begin raak aangesien daar geen daadwerklike pogings van die regering se kant is om ʼn oplossing vir die onophoudelike stroom plaasaanvalle en moorde te vind nie. Boere is toenemend op hulself en die landbougemeenskap om hulle aangewese om aanvalle af te weer.  

“Die VF Plus spreek die hoop uit dat mnr. Steyn se aanvallers ten alle koste en so gou as moontlik vasgetrek sal word en die swaarste moontlike strawwe opgelê sal word,” lui die verklaring.   Die party het gesê hy bly by sy standpunt dat boere binne die raamwerk van die wet hul lewe ten alle koste self moet beskerm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button