Local newsNewsNews

Stokkiesdraai-ongeluk – ‘Daar was nie kans om te probeer rem nie’

VANDERBIJLPARK. - Die bestuurder van die bakkie wat in gister se ongeluk op die Stokkiesdraaipad betrokke is, het in 'n onderhoud aan Vaalweekblad verduidelik wat kort voor die botsing gebeur het.

Hy het vertel dat hy in sy bakkie in die rigting van die Barrage Polisiestasie onderweg was toe hy die ander voertuig, ‘n Mazda 323, van voor sien kom het.

“Reg voor Conframat Bricks, toe ons voertuie naby aan mekaar was, het die Mazda reg voor my ingedraai. Ek het die Mazda op die passasierskant getref. Nie een van ons het baie vinnig gery nie, ek skat so 80 km/h, maar die impak was erg want daar was nie eers kans om te probeer rem nie,” vertel die bestuurder.

Vyf mense (twee mans en drie vrouens, waarvan een vrou 7 maande swanger was) was in die Mazda. Drie het kritieke beserings opgedoen.

  Die ander twee het net ligte beserings opgedoen. Die bestuurder van die bakkie het harsingskudding opgedoen en sy nek is beseer.

ER24 se nooddienspersoneel was net na 09:00 op die toneel. Hulle het die erg beseerdes op die toneel behandel  en daarna na die Sebokeng Hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die hartseer nuus is dat die swanger vrou kort daarna by die hospitaal oorlede  is.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button