News

Finale reëlings vir vanaand (3 Okt) se gedenkrit vir Johanna Strydom

Insleepdienste gaan deur Vanderbijlpark ry en kerse aansteek as laaste groet

 

DIT IS MET GROOT HARTSEER DAT VAALWEEKBLAD VROEëR DIE WEEK BERIG HET OOR DIE AFSTERWE VAN JOHANNA STRYDOM, WAT DEKADES LANK SAAM MET HAAR MAN, BOSSIE, ‘N BEKENDE GESIG BY ONGELUKSTONELE IN DIE VAALDRIEHOEK WAS.

HIER IS DIE COMMUNITY SUPPORT FORUM SE FINALE REëLINGS VIR VANAAND SE GEDENKRIT TER ERE AAN DIé GELIEFDE VROU.

18H00 – Bymekaarkom by Checkers Hyper Vanderbijlpark
* Verwelkoming
* Gebed
* Eerbetoning
* Vertrek vir Gedenkrit

Roete vir die rit:
* Vertrek van Checkers Hyper Jan van Riebeeck blvd
* oor sirkel in Edison Blvd verby QA kantoor
* Links Andries Potgieter
* Links Playfair
* Driekwart om sirkel in Westinghouse blvd
* Om brandweer sirkel in Faraday in
* Regs Goodyear
* Regs Skoda
* Links Cort str

Volgorde vir rit:
* Johanna se voertuig
* Bossie
* QA Breakdowns
* Vaal Auto Craft breakdowns
* Gevolg deur alle ander Breakdowns
* Rolbeddens
* Nood voertuie (Ems, brandweer)
* Buurtwagte en Reaksie
* Gevolg deur die res van die voertuie

Skakel asb jou nood ligte aan en of jou flashers, bly asb in 1 baan agter Johanna se voertuig
GEEN GESPIN
GEEN DONUTS
GEEN GEREF NIE
Johanna was nie ‘n mens vir dit nie uit respek hou asb by die reëls.

Aankoms by Cortstraat
Bossie se versoek:
Stop jou voertuig, steek kersie aan/sit blomme neer, toon laaste eer en beweeg asb aan. Almal wil n kans kry.

Vir die wat na dit bymekaar wil kom en bietjie gesels kan julle by die parkering in Goodyear str bymekaar kom.

Baie dankie aan almal wat betrokke was. Sterkte met die pad voorentoe. Rus sag Johanna ☆ Weg maar sal altyd in ons gedagtes en harte wees.♡

Neem asb social distancing in ag en hou by die COVID-19 reels en regulasies

Bly by jou voertuig by die Bymekaar kom punt asb almal sal kan hoor ☆

Lees die volledige berig oor Johanna se afsterwe by dié skakel:

Vaaldriehoek groet ‘n geliefde steunpilaar met gedenkrit

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button