LifestyleNews

Waarom werk Bond-flieks steeds in 2021?

Kenner verduidelik waarom ons steeds mal is oor dié rolprent-ikoon

Deur Phil C Pretorius

Niemand wil James se beste vriend wees nie… ons almal wil James wees! Die man is terug. Dis Bond, James Bond. Amptelik is dit Eon Produksies se 25ste Bond film.  Hoe doen hulle dit? Hoe hou hulle hierdie dinosourus nuut en gewild? Wel, met ‘n goed nagevorsde resep, sê Phil Pretorius, ‘n lektor in Kommunikasiekunde aan die NWU, wat sy Meestersgraadverhandeling oor die onderwerp “Popular Culure and the Narrative: The James Bond 007 Story” in 2007 voltooi het.

Dit was Umberto Eco wat al die storievertelteorieë (Narratologie), lliterêre- en  taalteorieë (Linguistiek) asook antropologie en mites bymekaar getrek het om die Bond fenomeen te verduidelik. As jy die 007 reeks ken is die teorieë wat dit maak werk fassinerend. Roland Barthes het gemeen dat die belangrike storie elemente soos pale bo die water uitstaan om die Bond storie te dra. Dan word minder belangrike elemente wat nie die hoofstorielyn beïnvloed nie, bo-op die pale gebou om die gate in te vul en dit meer logies en werklik te laat voel. Dit vorm as’t ware ‘n hawehoof (pier/jetty). Byvoorbeeld moet Bond die wêreld red, die antagonis (skurk) Blofeld moet goeie rede hê om dit te doen (Bond is sy aangemome broer en het sy pa se toenadering “gesteel”, so jaloesie en haat) en die protagonis (held) kan nie opgee nie want almal waarvoor hy omgee word bedreig.

Dan is die skurk ‘n “waardige” teenstaander wat die lewe baie moeilik maak vir Bond. Hy is in alle opsigte sterker, slimmer en ryker as Bond en word bloot deur die held se innovasie en vaardighede uitoorlê.

Eco gebruik Claude Levi-Strauss se teorie oor binêre opposisie om die goed Vs. sleg verhoudings te beskryf. Hoe beter Bond is hoe slegter lyk die skurk en vice-versa. Vladimir Propp brei uit op teoretikuste soos Aristotelis (Drie aktes), Campbell (12 Steps) en Voges (The Hero’s Journey) se beginsels om sekere stappe of fases in die storie te identifiseer en voor te stel. Hy noem 32 stappe wat die held “moet” deurgaan in ‘n poging om ‘n resep daar te stel vir storievertel, bv.: held word ingetrek in probleem, held kan nie probleem ignoreer, held soek hulp, held beveg die skurk, ens. Maar meer belangrik is sy DRAMATIS PERSONAE wat die architipes hoofkarakters voorstel wat benodig word nl: Held, Prinses, Helper, Donateur, Vals held, ens.

Eco gebruik al hierdie teorieë om te verduidelik hoekom die Bond films werk en verminder die stappe na nege “Play Situations” i.e.: A – M stuur Bond op ‘n missie, B – Die skurk stel hom-/haarself bekend, C – Bond word deur die skurk uitoorlê, D – Bond ontmoet die meisie (prinses), E – Bond verlei die meisie, F – Die skurk vang Bond, G – Die skurk martel Bond, H – Bond wen die skurk en I – Bond kry die meisie. A tot I is die presiese resep vir Dr.No (1963) en is die pale in die water (kardinale funksies). Maar alles gebeur in ander volgordes met ander veranderlikes (jetty planke/katalisators). So is die resep vir Die Another Day (2002) bv. B, F, C, F, G, ens. So Bond as ‘n karakter met oortuiging wat baie min karakterontwikkeling ondergaan sal dus al hierdie stappe weer deurgaan maar in ‘n ander volgorde. Die angs en afwagting word dan versit van die vraag “Of Bond gaan oorleef” na “hoe gaan Bond oorleef?”

Alhoewel resepgebaseerde storievertel baie gewild is in die industrie is dit baie gevaarlik en glad nie wetenskaplik geskik nie.
Die wenresep vir die Bond reeks is egter om die belangrike elemente soos opposisie, karakters, konflik ens. te gebruik, maar op ‘n innoverend nuwe manier. So hoe doen die Bond vervaardigers dit? Die 007 reeks is ontwikkel in ‘n soort konsessie-saak (franchise) wat mbv talle elemente die produk se handelsmerk en gewildheid bou.

Hulle speel slim met populêre kultuur en die inweef van musiek, aktualiteit, modes, gadgets, voertuie, gewilde akteurs en film regisseurs. Dan word bekende James Bond elemente gebruik soos die mees bekende film dialoog in die wêreld: “Bond, James Bond” en die tweede gewildste: ” Shaken, not stirred”. Die bekende kenwysie en herkenbare musiek asook die geweerloop openingstoneel is alombekend. Savile Row klere en Omega horlosies, Astin Martins en BMWs, dobbelpalyse en sewe ster hotelle is alles Bond ikonografie. In die vroeë jare van die reeks het kykers op hul stoelpunte gewag vir die sêgoed en mooi aktrises. Groot was die kritiek elke keer as ‘n nuwe akteur die “Bond, James Bond” dialoog aangedurf het. “Aggenee. Hy is nie Connery nie” (of Moore of Brosnan). Maar die vervaardigers leer ook mooi. Met Craig se intrede het hulle gewag tot reg aan die einde van die film voor hy die naam kon eien. Nadat hy twee ure lank bewys het hy is die superspioen, kon hy daarop aanspraak maak en kykers het dit aanvaar.

‘n Verdere interessante element is die gebruik van aktuele sake. Per toeval of per vaardigheid is die tema van elke Bond film iets wat op daardie stadium relevant in die wêreld is. In No Time to Die is biologiese oorlogvoering ‘n tema, in Skyfall word die intellegensiewêreld ontbloot, in Tomorrow Never Dies is dit media imperialisme, in You Only Live Twice behandel dit die ruimte wedloop en in Moonraker etniese reiniging. So goed is hulle navorsing dat prototipes van regoor die wêreld gebruik word. Byvoorbeeld het hulle die eerste waterski (Jestski), hologramme, die A380 Airbus en Little Nelly helikopter bekend gestel. Soveel van die gadgets was prototipes uit CIA, KGB of MI6 geledere dat al hierdie instansies onmiddelik wou weet waar die suurstofmondstuk in Thunderball vandaan kom. In die geval was dit een van die enigste fiktiewe gadgets. Tot en met Die Another Day se openingstoneel waar Bond op ‘n digitale golf surf was alle toertjies uitgevoer deur die akteurs of dubbelganger waaghalse en geen spesiale effekte was gebruik nie.

No Time to Die is die 25ste Bond film in die Eon Produksies stal. Albert Broccoli (Cubby) se dogter Barbara en sy stiefseun Michael Wilson het die tuig oorgeneem na sy afsterwe en besluit dat dit ‘n goeie tyd was om ye vertel waar Bond vandaan kom, iets wat Cubby nie wou doen nie. Cubby het gesê dat Bond eerder ‘n “suave, mysterious inigma” moes bly. In Craig se eerste Bond Film, Casino Royale, spring hulle in ruimte en tyd na die jare toe Bond sy eerste sluipmoord uitgevoer het wat hom ‘n dubbel O gemaak het. Dit vind egter in die hede plaas en herlaai die storielyn as’t ware vir ‘n oorbegin. Maar talle van hierdie aangeleentheid is steeds waar. M is steeds ‘n vrou, hy ry steeds sy Astin Martin DB5 en sy kollega van die CIA Felix Leither is weer met ons (Leither het gesterf in Licence to Kill).

Baie kritiek is al gelewer oor Bond se chauvinisme en losbandigheid. Daar is egter niks wat Bond nie sal doen vir Koningin en vaderland nie. Met vroulike emansipasie het Judi Dench die rol van M oorgeneem en Moneypenny het Bond op sy plek gesit. Die skurke het vrouens ingesluit en Bond se kollegas het nou vrouens verteenwoordig. Maar die gerugmeul dat Bond nou ‘n vrou is het skokgolwe deur die wêreld gestuur. Die duiwel was egter in die details. Die nuwe 007 is wel ‘n vrou. In No Time to Die is Bond afgetree en die nuwe agent in sy posisie is ”n vrou, Nomi, gespeel deur Lashana Rasheda Lynch. Bond navolgers sal bly wees om te hoor dat hy in die film sy nommer terugneem en weereens die wêreld red van verdoemende oorname.

Na No Time to Die gaan die 53 jarige  Daniel Craig egter nie weer die rol vertolk nie. Die groot vraag is nou wie hierdie gesogte rol gaan oorneem. Gewilde akteurs soos Edeis Elba, Tom Hiddelston, Tom Hollan, Tom Hardy en Richard Madden is al genoem. Dit wil egter lyk of die Superman ster Henry Cavil die beste kans staan om die spick-‘n-span-spioenrol oor te neem.

No Time to Die wat al 18 maande wag om vrygestel te word, word wêreldwyd geprys as seker die beste James Bond film nog. Bond belowe om ons nog lank geskud en geroer te laat.

Phil C. Pretorius, wat sy meestersgraadverhandeling oor die James Bond-flieks gedoen het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button