News

‘Skuldige motoris, waar is jou gewete?’

Waar is jou menslikheid heen? Waar is omgee vir jou medemens? Waar is jou gewete?

Anne-marie de Klerk van Vanderbijlpark skryf:

Op die aand van 28 September, omtrent 22:00 het ‘n onbekende voertuig ‘n motorfietsryer in Faraday-boulevard, net na Shakespeare Hotel, gestamp en weggejaag. Indien daar nie binne ‘n paar sekondes mense op die toneel was nie, sou ‘n Volkswagen ook oor die persoon gejaag het.

Aan die voertuigbestuurder wat die motorfietsryer gestamp en weggery het: Waar is jou menslikheid heen? Waar is omgee vir jou medemens? Waar is jou gewete? Dit spook by my want lewe het so min betekenis vir sommige mense en dis daai mense wat skade en verwoesting oor die mensdom saai.

Vir al die mense wat só optree wil ek net graag sê: Pasop vir wanneer dit met een van jou geliefdes gebeur….

Jy kom net vir sólank weg met hierdie soort aksies. Jy sal wel op-eindig waar jy hoort. Geen mens verdien wat julle soort aan ander doen nie.

Ek is baie teleurgesteld in mense.

 

******************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button