Bennie kan nie meer eet, sluk nie
Dit gaan sleg met Bennie de Lange (65) van Kookrus

MEYERTON.- Wat begin het met ‘n klein ‘swartkoppie’ het in ‘n jaar se tyd ontaard in ‘n monsteragtige gewas op Bennie se wang.
Die voormalige gietvormmaker by ArcelorMittal is weens sy toestand nie meer in staat om te werk nie en hy sukkel volgens sy dogter om te eet aangesien die kliere in sy keel baie erg geswel is.
Hy het die laaste tyd baie maer geword.
Volgens sy dogter Michelle is kos in hierdie stadium hulle grootste behoefte.
“Hy sukkel om die kos af te sluk. Ons het hom die laaste tyd ‘Cup-a-Soup’ gevoer wat hy met behulp van ‘n strooitjie inkry,” vertel sy.
“Dis seker nou al n week wat hy niks eet nie. Weet julle nie van iemand wat ons kan help nie?” wou sy weet.
“Hy dra ook nou doeke want sy maag gaan sonder dat hy dit besef,” vertel Michelle.

Bennie wag glo steeds om ’n operasie by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal in Soweto te ondergaan sodat hulle die kwaadaardige gewas kan verwyder.
Ween die Covid-19 pandemie het die hospitaal in Junie die operasie vir eers op ys gesit.
Volgens Michelle bly Bennie se suurtofvlakke laag.
“Sy suurstofvlakke is op 60 terwyl dit op 90 moet wees. Die ambulans was die ander dag hier om hom suurstof te gee,” vertel Michelle.
Mense wat in staat is om te help kan Michelle by 062 065 0809 skakel.

