Verskeie woonbuurte van die Vaaldriehoek het in die afgelope dekades al na groot reën onder vloede deurgeloop. Wyle mnr. Norman Paton het in die 1970s aan Vaalweekblad vertel van die eerste groot vloed wat inwoners van Vereeniging, toe nog ‘n dorpie in sy babaskoene, beleef het. Dit was in 1917, toe Norman nog ‘n jong seun was. Die Vaaldam en Barrage het in daardie tyd nog nie bestaan nie.
Norman se pa was die eerste superintendent van waterwerke by die Vereenigingse munisipaliteit. Hul huis, wat naby die pompstasie langs die Vaalrivier was, is daardie jaar so erg deur die watermassa beskadig dat dit tot op die grond afgebreek moes word. Die Paton-gesin het daarna maande lank in ‘n tentjie langs die Vaalrivier gewoon terwyl hul nuwe huis gebou is.
Lees meer oor die Vaaldriehoek se grootste vloede in Vaalweekbld se 55 jaar herdenkingsboek, Legendes en Ellendes uit die Vaal. Die boek bevat ook ander vrolike sowel as hartseer nuusgebeure wat die afgelope vyf dekades in die Vaal afgespeel het.
Die boek kos R350 en sluit BTW en aflewering in die Vaaldriehoek in. Dit kan ook as ‘n geskenk na iemand in ‘n ander dorp versend word (posgeld ekstra). Indien genoeg bestellings uit Parys ontvang word, sal die boeke sonder verdere versendingskoste daar afgelewer word. Vir meer inligting of om ‘n boek te bestel, stuur jou naam en adres in ‘n SMS of WhatsApp-boodskap na Retha by 083 246 0523.





