Local newsNewsNews
‘Gevaar vir motoriste’ uit die weg geruim
Die plaaslike organisasie Bring Hoop Vaaldriehoek het gisteraand weer eens gewys hoe groot hul passie is om na die veiligheid van inwoners om te sien.
Hulle het nie geskroom om middernag ‘n boom, wat reg langs Stonehaven-on-Vaal op die Badriftbrug omgeval het, uit die pad te sleep nie. Die boom het in die donker op die effense draai gelê en het groot gevaar vir motoriste ingehou.
“Terwyl ons besig was om die boom te verwyder het ‘n dame daar gestop en dankie gesê, want as ons nie daar was nie, sou sy waarskynlik in die boom vasgery het,” vertel Stephen Venter van Bring Hoop Vaaldriehoek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
