Local newsNews

Nog ‘n bewys van agteruitgang in Emfuleni – Gert Cronjé

Gelukkig het die gemeenskap 'n kettingsaag bekom en self die boom opgesaag

 

Gert Cronjé, ‘n onafhanklike kandidaat in die komende munisipale verkiesing, skryf op 9 Oktober 2021:

Weer eens vandag met ontnugtering die totale agteruitgang van verantwoordlikhede en dienslewering in Emfuleni gesien.
‘n Boom het omgeval en die ingang na Coret Court versper. ‘n Inwoner kontak die Brandweer en word in kennis gestel dat die mense (parke) eers Maandag weer werk. Hierdie was en is ‘n Brandweer-verantwoordelikheid.
By my navraag aan die Brandweer het ‘n offisier aan diens gesê: “Jammer oom, ons het nie kettingsae wat werk nie en dit is nou parke se werk”.
Dus het die gemeenskap wat daar bly, geen toegang tot hul wonings gehad nie.
Gelukkig het die gemeenskap ‘n kettingsaag bekom en self die boom opgesaag.
Hoop parke sal Maandag die stompe kom verwyder – of gaan dit ook ons, die inwoners, se verantwoordelikheid word? PATETIES!

Die groot boomtak wat die ingang na Coret Court in Vanderbijlpark versper het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button