Local newsNationalNewsNews
Bokkie lê besoek aan hospitaal af
'n Wilde bok is Maandagmiddag (11 Oktober 2021) deur die DBV gered nadat die dier deur 'n palisadeheining by die Midvaal Privaat Hospitaal in Drie Riviere gespring het.
VEREENIGING. – Die bok, vermoedelik ‘n duikertjie of impala, het van die rivier se kant af gekom en omstreeks 13:00 verby Milton Primary School gehardloop en toe deur die hospitaal se palisadeheining gespring.
Die DBV het glo die bokkie op die perseel opgespoor en hom na die DBV geneem.
Vaalweekblad samel nog feite oor die voorval in en sal later meer volledig berig.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
