Local newsNewsNews
Vier sterf in kop-teen-kop botsing naby Roshnee
VEREENIGING. - Netcare 911 se mediese personeel het gisteraand hulp verleen by 'n ernstige kop-teen-kop botsing op die R82 net verby Roshnee.

Twee mans, ‘n vrou en ‘n kind van sowat een jaar wat in een van die voertuie was, is op die ongelukstoneel dood verklaar.
Die man van die ander voertuig wat in die ongeluk betrokke was is met ernstige beserings na die Sebokeng Hospitaal geneem. Nog ‘n vrou met ernstige beserings is later per helikopter hospitaal toe geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
