Kyk uit vir dief wat gereedskap wil verkoop
As iemand tweedehandse gereedskap aan jou probeer verkoop in Vanderbijlpark of elders in die Vaaldriehoek, WhatsApp Tanya asseblief by 072 999 3271, vir ingeval dit haar gesteelde goedere is.
Tanya Jacobs van Vanderbijlpark skryf:
Hallo almal, daar is die oggend van 28 September om 04:45 by ons in Mumfordstraat, CW1, ingebreek.
Die dief het veral gereedskap uit ons motorhuis gevat. Ons weet nie wat nog alles weg is nie. Sover ons op ons sekuriteitskamera kan sien, was dit net een persoon.
Dit lyk of hy sakke by hom gehad het en alles daarin gepak het. Ons kan op die beeldmateriaal sien hy het ook ander groot goed by hom gehad, maar dié het voor in die garage gestaan.
Ons het in ‘n stadium ons ligte aangesit en dit het hom vermoedelik afgeskrik, want hy het die helfte van die goed buite die garage gelos met die garage se deur oop.
As iemand dalk die persoon met ‘n grys baadjie sien rondloop en gereedskap probeer verkoop, laat weet my asseblief op WhatsApp by 072 999 3271, want die kanse is goed dat dit ons gesteelde artikels is.

*************************************************************************************************************************
