Local newsNewsNews

Nick weer tot die redding van slang (en mens)

SASOLBURG. - Plaaslike Netcare 911 (Vaalpark Operations) nooddienswerker en gekwalifiseerde slanghanteerder, Nick van der Walt, moes weer inspring om tot die redding van slang (en mens) te kom.

Die meeste mense (ek inkluis) is onkundig en dus bitter bang as dit by slange kom. Gewoonlik glo mense dat hulle in gevaar is, maar in die meeste gevalle is die slang wat van ‘n onnodige dood gered moet word.

Gelukkig is daar kenners wat in hierdie situasies ‘n belangrike rol speel.

Nick se hulp en kundigheid is Saterdag ingespan om ‘n molslang uit in ‘n perdestal op ‘n plaas op die Wonderfontein-pad te verwyder.

“Dit was darem net ‘n molslang en nie giftig nie, maar ongelukkig word molslange op ‘n streep doodgemaak omdat mense hulle verwar met die baie giftige Kaapse Kobra,” verduidelik Nick.

Hy het die slang agterna in ‘n oop area, nie ver van die plaas nie, maar weg van mense vrygelaat.

Die molslang wat deur Nick van der Walt in Sasolburg uit ‘n perdestal verwyder is.

Nick deel die volgende belangrike inligting oor molslange:

Molslange spandeer meeste van hulle lewens onder grond waar hulle ‘n belangrike rol speel in die beheer van molle en rotte.

Ongelukkig word hulle gereeld doodgemaak omdat hulle verwar word met kobras. Gelukkig kom hier geen kobras in die Vaaldriehoek voor nie!

Molslange het geen gif nie en kan geïdentifiseer word aan hulle kleinerige koppe met geen definisie tussen die kop en die lyf nie. Hulle snoete eindig in ‘n skerp punt.

In die Vaaldriehoek wissel hulle kleur tussen grys/bruin tot oranje/bruin.

Baba-molslange het zigzag wit en swart patrone wat verdwyn soos hulle groei.

Wyfies gee geboorte aan lewendige babas en lê nie eiers soos baie ander slangspesies nie.

* Indien enigiemand meer inligting benodig oor slange of opsoek is na slang-identifikasie, -hantering en slangbyt behandeling en opleiding, besoek gerus die webtuiste https://accesspd.co.za/snake-training. Opleiding is geakkrediteer.

Nick wys die onskadelike molslang wat hy verwyder en weer vrygelaat het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button