
Die virtuele hardloopkompetisie het tussen 21 September en 10 Oktober plaasgevind.
Suid-Afrikaners wat aan die uitdaging deelgeneem het, het gesamentlik ‘n allemintige 1.5 miljoen kilometer afgelê en vir die land ‘n eindtelling van 382 punte behaal.
Meer as 134 000 Suid-Afrikaners het glo aan die kompetisie deelgeneem.
Atlete het die afstande op hul eie gehardloop en hulle aktiwiteite op ‘n hardlooptoepassing (app) gelaai.
Om punte aan te teken moes deelnemers 3 km in onder 30 minute aflê.
150 bonuspunte is toegeken as atlete meer as 10 km afgelê het.
100 bonuspunte is toegeken as atlete meer as 5 km afgelê het.
50 bonuspunte is toegeken wanneer die atleet iemand uitgenooi het wat dan 3km hardloop.
Suid-Afrika se bure, die Namibiërs, moes tevrede wees met ’n tweede plek en 327 punte.
Mongolië (289 punte) het ‘n derde plek in die kompetisie behaal.
Engeland het net-net die podium gemis met 247 punte.
Die kompetisie is vanjaar vir die derde jaar gehou.
‘n Guiness-wêrelrekord is tydens die kompetisie opgestel vir die meeste virtuele 5 km-wedlope voltooi.
Dit vorm deel van die mediese versekeraar Vitality se wêreldwye doelwit om 100 miljoen mense te kry om 20% meer aktief te raak teen 2025.

