Local newsNewsNews
Bennie van Kookrus verloor stryd teen monsteragtige gewas
Bennie De Lange (65), die man op die voorblad van Woensdag (13 Oktober 2021) se Vaalweekblad, het die stryd teen kanker verloor.
MEYERTON. – Vaalweekblad het hierdie week berig oor die monsteragtige gewas op Bennie se gesig en die feit dat hy weens swelling in sy keel nie meer kan eet of sluk nie.
Die voormalige gietvormmaker van ArcelorMittal het die laaste tyd baie maer geword aangsien hy van sop gelewe het.
Dit is die enigste voedingstowwe wat hy kon inkry.
Hy het gewag om ‘n operasie by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto te ondergaan maar weens Covid-19 is die operasie op ys gesit.
Volgens sy dogter, Michelle, is hy Woensdag (13 Otkober 2021) oorlede.
“My pa is oorlede. Hulle het hom nou net kom haal,” het sy Woensdagmiddag vir Vaalweekblad laat weet.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
