
Het jy lus vir ‘n onvergeetlike naweek? Kom kuier op Klipdraai Karavaanpark op 23 en 24 Oktober!
Daar is iets van alles wat nodig is om jou en jou gesin se naweek ‘n fees te maak: Stalletjies, swembaddens, glybane, ‘n mudfest, springkastele, ‘n biertuin, braaigeriewe, bull rides, putt-putt en natuurlik ook ‘n sokkiejol!
Pieter Koen tree om 18:00 op Saterdag 23 Oktober op.
Dagbesoekers betaal R30 elk of jy kan sommer vir die hele naweek kom kamp teen R300 per nag!
Plekke word vinnig vol, so bespreek vandag nog by Juanita by 082 448 6396. Stalletjiehouers is ook welkom om teen R150 per dag te kom uitstal.

***********************************************************************************************
