Riviera se Dinner Theatre Experience is iets om te beleef
VEREENIGING. - Daar is sommer weer 'n gevoel van opwinding in die lug by die opgeknapte Riviera On Vaal Hotel & Resort.
Veral die Dinner Theatre Experience is iets om te beleef en hierdie maand word die internasionale treffervertoning, Elvis and Friends, daar aangebied.
Dis ‘n puik vertoning wat beslis nie misgeloop moet word nie. Dit is die ideale geleentheid om jouself en/of ‘n geliefde te bederf. Daar is kaartjies wat ‘n ete insluit en die kos is uit die boonste rakke.
Die talentvolle Shaky Russell, ‘n wêreldbekende huldeblykkunstenaar en -vervaardiger, sal jou na Graceland wegvoer met sy asemrowende kostuums en treffende stem.

Nog ‘n bonus is die charismatiese Shaky se verrassende ooreenkoms met Elvis. Russel word op die verhoog bygestaan deur ‘n lewendige orkes, bestaande uit puik musikante.
Kaartjies vir die vertoning kos vanaf R199 per persoon (spesiale vertonings op Vrydagaande).
Kaartjies wat ‘n ete insluit, en/of akkommodasie vir die nag, is ook beskikbaar. Skakel die hotel by (016) 420 1300 vir meer inligting of volg Riviera On Vaal Resort op Facebook.
Elvis Presley word nie verniet bestempel as “The king of rock n roll” nie. Hy het drie dekades lank die maatslag in die musiekbedryf aangegee voordat hy in 1977 in die ouderdom van 42 oorlede is.

