Musikale Sondae by die ERT
Vul Sondaemiddae met musiek vir die kulturele fynproewer hierdie Oktober by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.
SASOLBURG. – Sondaemiddae is lankal nie meer net vir groot eet en middagslapies nie. Daar is amper elke Sondag iets om na uit te sien by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.
Sondag, 17 Oktober is daar ‘n vertoning van die immergewilde, oorspronklike Three Tenors – Luciano Pavarottie, José Carreras en Plácido Domingo.
Die film, Three Tenors: Voices for Eternity neem teatergangers terug na die Drie Tenore se debuut in 1990 toe hulle by die antieke baddens van Caracalla opgetree het op die vooraand van die Sokker Wêreldbeker.
Die vertoning fokus ook op die emosionele hoogtepunte van hul eerste konsert saam, asook hul eerste konsert in Los Angeles.
Daar is ook nuwe onderhoude en agter die verhoog gebeure wat nog nooit voorheen vrygestel is.
Hierdie dokumentêr beloof om ‘n fassinerende kykie te gee oor die drie sangsterre se onderlinge kompetisie, maar ook vriendskap wat begin het in 1990 en wat gestrek het totdat Pavarottie in 2007 oorlede is.
Gaan loer gerus na van hul musiek by https://www.youtube.com/watch?v=tezDcWcqOog.
Kaartjie vir die vertoning is R100 per persoon. Bespreek deur ‘n WhatsApp te stuur met jou naam, van en die hoeveeldheid kaartjies wat jy benodig na 0632175147.

Sondag, 24 Oktober bied Georgina’s Dance Studios Woman in Art aan. Dis ‘n spesiale vertoning waar dans, musiek en kunstige beelde saamgevoeg word om vroue te vier.
Die inspirasie van die vertoning is verkry by die bekende skilder Frida Kahlo wat gesê het: “”I am my own muse, I am the subject I know best. The subject I want to better.”
Die gaskunstenaar is die musikant, digter en skilder, Almero Welgemoed. Woman in Art begin om 15:00.
Kaartjies is R180 per persoon. Bespreek via Whatsapp – 0632175147.
Louis Leipold se mooiste maand word afgesluit op 31 Oktober om 14:00 deur The Period Baroque Ensemble FONS PARTITA se ‘Le Journal du Printemps’, vrylik vertaal as Lentedagboek.
Kaartjies kos R150 per persoon. Bespreek via Whatsapp by 0632175147.

