Local newsNewsNews

Plakkerskamp glo aan die brand gesteek

'n Plakkerskampie by Vosloopark is glo Dinsdagaand (13 Oktober 2021) aan die brand gesteek en die hawelose inwoners het na bewering gevlug.

VEREENIGING. – Die nuutste verwikkeling volg op drama rondom die geheimsinnige verdwyning van Cindy van Niekerk, ‘n swerwende vrou (die familie dring aan dat sy nie “haweloos” was nie) wat glo gereeld die kampie besoek het maar aan die einde van Maart spoorloos verdwyn het.

Hoewel DNS-bewyse nog nie beskikbaar is nie glo die familie en vriende van Cindy dat ‘n lyk wat in April in die Vaalrivier by Viljoensdrif gevind is dié van Cindy is.

‘n Gedeelte van die lyk sy kop is kaal geskeer en dit lyk of die persoon gestenig is.

Pieter van Niekerk, broer van die vermiste Cindy, erken dat hy gisteraand by die kampie was waar sy suster voor haar verdwyning gebly het.

Hy ontken dat hy die inwoners gedreig of tente aan die brand gesteek het.

Volgens hom het hy op klere naby die kampie afgekom wat glo aan Cindy behoort het.

Dit was glo onder die grond versteek.

Pieter het navrae na die ondersoekbeampte verdwys en die foon neergesit.

Die ondersoekbeampte is tans met verlof.

Die vrou bekend as ‘Albie’ is nou skoonveld. Foto: Christiaan Cloete
Die kamp is tot die grond toe afgebrand. Foto: Christiaan Cloete
Die kamp het afgebrand en die inwoners is soek. Foto: Christiaan Cloete
Familie en vriende van Cindy van Niekerk (inlas) glo die liggaam wat by die Vaalrivierbrug op die R59 gekry is, is dié van hul geliefde Cindy. Hooffoto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button