Rand Water sny inwoners se waterdruk met 5% weens Emfuleni se skuld
Tans is daar baie areas in Wyk 54 – veral Unitaspark – wat sukkel met lae of geen waterdruk. Die rede hiervoor is glo dat Rand Water die waterdruk met 5% gesny het.
VEREENIGING. – Elize Aucamp, DA-raadslid vir Wyk 54 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, het Woensdag aan Vaalweekblad gesê dat Metsi-a-Lekoa dit aan haar bevestig het.
Dit is glo as gevolg van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit wat nie vir Randwater betaal het nie.
Volgens Aucamp sukkel veral inwoners in hoogliggende gebiede met lae waterdruk.
“As die die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit net die waterlekke herstel wat inwoners aan hulle rapporteer sal hulle nie soveel geld aan Rand Water geskuld het nie.
“Op die oomblik moet hulle betaal vir water wat (weens lekke) in die strate af loop aangesien hulle nie iemand daarvoor kan aanslaan nie,” sê Aucamp.

