Local newsNewsNews

Meyerton-atlete laat koppe tydens spitsverkeer draai

Koppe het gedraai en toeters is geblaas toe 'n groep atlete Vrydagmiddag die strate met pers Speedos aangedurf het tydens spitsverkeer.

VEREENIGING. – Volgens Roland du Plessis van die Meyerton Atletiekklub vorm dit deel van die landswye DAREDevil Run, ‘n kankerbewusmakingsvedltog wat die kollig op prostaat- en testikulêre kanker plaas.

Volgens KANSA ontwikkel 1 in 250 mans wêreldwyd gedurende hul leeftyd testikulêre kanker, gemiddeld op 33-jarige ouderdom.

Prostaatkanker is baie meer algemeen in mans, veral ouer mans.

Volgens inligting van die Amerikaanse Kankervereniging ontwikkel 1 in 8 mans wat gedurende hul leeftyd prostaatkanker.

Volgens inligting op https://www.daredevilrun.com/ kan prostaatkanker deur middel van bloedtoetse opgespoor word.

Mense bo 40 behoort elke jaar vir siftingstoetse vir prostaatkanker te gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button