5-jarige beseer toe voertuig rol
’n 5-jarige seun het kritieke beserings opgedoen en ’n 31-jarige vrou matige beserings toe hul voertuig op die R550 naby Sky City in Vereeniging omgeslaan het.
VEREENIGING. – Ross Campbell, woordvoerder vir ER24, vertel dat nooddienswerkers en lede van die brandweer omstreeks 11:09 by die toneel aangekom het.
“’n Ligte motorvoertuig is tussen 5 en 10 meter van die pad af gevind. Die twee insittendes is vermoedelik tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger en het op die grond gelê,” sê Campbell.
Die bestuurder van die voertuig het redelik lig van die ongeluk af gekom, maar die 5-jarige seun was in ’n kritieke toestand en moes noodbehandeling op die toneel ontvang.
Die seun is daarna per helikopter na ‘n privaathospitaal vervoer vir verdere sorg.
Die 31-jarige vrou het matige beserings opgedoen en na die Thelle Mogoerane Streekshospitaal Vervoer vir verdere sorg.

