Local newsNewsNews

Haweloses glo met pikstele aangeval, tente aan die brand gesteek

“Hulle het ons met pikstele geslaan, met grawe rondgejaag en ons tente aan die brand gesteek.”

VEREENIGING. – Só beskryf Charles, ‘n hawelose man wat langs die rivier in Vosloopark bly, die gebeure van Dinsdag (13 Okober 2021) toe plakkers se tente tot die grond toe afgebrand is.

Volgens Charles is hy deur die familie van die vermiste Cindy van Niekerk aangeval uit weerwraak oor haar verdwyning.

 

Charles bly nog in die park maar die vrou genaamd Albie het glo na ‘n ander plek gevlug.

Die aanval volg ná ‘n opspraakwekkende dokumentere video oor Cindy van Niekerk, ‘n meisie wat aan die einde van Maart vermis geraak het.

Klik op die skakel vir die oorspronklike video:

Hoewel die uitslae van DNS-toets dit nog nie kon bevestig nie glo Cindy se familie dat ‘n liggaam wat op 4 April in die Vaalrivier gevind is dié van Cindy is.

‘n Groot gedeelte van die lyk se kop was kaalgeskeer en dit lyk of sy gestenig is.

Vaalweekblad het vroeër die week vir Pieter van Niekerk, die broer van die oorledene, oor die voorval waartydens tente aan die brand gesteek is uitgevra, hy het botweg geweier om op navrae te reageer en die foon neergesit.

Pieter het wel erken dat hy op die aand wat die tente afgebrand is by die plakkerskampie in Vosloopark was.

Intussen het hy die beloning wat aangebied word vir iemand wat inligting kan verskaf wat tot die inhegtenisname van Cindy se moordenaar lei van R50 000 tot R85 000 verhoog.

Die kamp het afgebrand en die inwoners is soek. Foto: Christiaan Cloete
Die kamp is tot die grond toe afgebrand. Foto: Christiaan Cloete
‘n Vrou bekend as ‘Albie’ is nou skoonveld. Foto: Christiaan Cloete
Die vermiste Cindy van Niekerk. Foto: Verskaf

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button