Tien beseer, twee kritiek ná botsing by Meyerton
Tien mense, insluitend 'n kind en twee kleuters, is Saterdagaand (16 Oktober 2021) beseer in 'n trompop botsing tussen twee ligte voertuie op die M61 (Highburyweg) in Meyerton.
MEYERTON. – Volgens Ross Campbell, woordvoerder vir ER24, was nooddienswerkers van ER24, sowel as die Midvaal Brandweer omstreeks 21:00 op die toneel.
“Een voertuig was steeds in die pad met die ander een ongeveer 50 meter daarvandaan langs die pad. Al die pasiënte was reeds uit die voertuig,” vertel hy.
Nege van die tien beseerdes is van die een voertuig.
‘n 7-jarige meise en ‘n man, in sy 30’s, was in ‘n kritieke toestand en het gevorderde lewensondersteuningsintervensies benodig. Hulle is na Sebokeng-hospitaal geneen vir verdere behandeling.
Agt pasiënte, insluitend twee kleuters, vyf vroue en ‘n man is op die toneel vir matige tot ernstige beserings behandel en na verskeie hospitale geneem.


