Munisipale verkiesings – veiligheid eerste
Gaan stem op 1 November 2021. Jou stem maak 'n verskil.
VANDERBIJLPARK. – Vandag oor twee weke is dit tyd vir jou om jou stem in die plaaslike verkiesiing te laat geld.
Met die Kovid-19 pandemie gaan dinge effens anders verloop by die stembusse.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het op hul webtuiste die volgende maatreëls gepubliseer wat sal geld vir stemdag, 1 November 2021:
Almal moet ten alle tye ‘n masker dra. Mense wat nie maskers op het wat hul mond en neus bedek nie, sal toegang geweier word.
Sosiale afstand van 1.5 m moet gehou word.
Wag geduldig jou beurt af om in te gaan, want slegs ‘n beperkte hoeveelheid mense sal op ‘n slag in ‘n stemlokaal toegelaat word.
Almal se hande sal met ontsmettingsmiddel gespuit word voor hulle die stemlokaal ingaan en voordat die stemlokaal verlaat word.
Verkiesingspersoneel sal van maskers en gesigskerms voorsien word.
Indien moontlik, bring jou eie pen saam om die stembriewe in te vul. Alle penne sal ook na gebruik eers afgevee word.
Voordat die ink op jou duimnael aangewend word, sal die verkiesingsbeampte eers seker maak die nael is droog.
Jy sal ook gevra word om ‘n oomblik te wag om seker te maak die ink is droog op die nael alvorens jou hande weer gespuit sal word voordat jy die stemlokaal mag verlaat.
Die stemstasies se oppervlakte sal voor en na gebruik met ontsmettingsmiddel afgevee word.
Sou iemand te na aan jou staan, versoek hul beleefd om terug te staan. Hou jouself en ander veilig.
Vir meer inligting besoek gerus die OVK se webtuiste by www.elections.org.za.
Die webtuiste verskaf ook inligting met betrekking tot die verskillende partye wat in elke afdeling staan.
Jy kan ook jou eie reigstrasie status en waar jy moet gaan stem op die webtuiste opsoek.
