Local newsNewsNews
Tieners kan nou ook ingeënt word
Die ouer mense het al die geleentheid gehad en van Woensdag 20 Oktober 2021 af kan kinders tussen 12 en 17 ingeënt word.
Dié onderdomsgroep kan hul geboortesertifikate gebruik om aanlyn registreer of dit saam met hulle na ’n inentingstasie neem om te registreer.
Aanvullende inentings (“booster shots”) is nou ook beskikbaar vir persone met komorbiditeite.
Mense wat hul afsprake gemis het om ’n tweede dosis van die entstof te ontvang word aangemoedig om daai tweede dosis te ontvang.
President Cyril Ramaphosa het tydens ‘n onlangse televisietoespraak ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hulself te laat inent voor die vierde vlaag wat Suid-Afrika na verwagting teen die einde van die jaar kan tref.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
