Local newsNewsNews

Man na wie polisie soek glo by motorwerkswinkel/kommune in Duncanville gewaar

Oomblikke voor die polisie daar opgedaag het, het hy glo die hasepad gekies.

VEREENIGING.- Die soektog na ‘n paartjie wat die polisie kan help met inligting oor ‘n aanval op ‘n man van Hammanskraal wat met ‘n tuinvurk aangeval is het Donderdag (21 Oktober 2021) na ‘n werkswinkel in Springbokstraat, Duncanville gelei.

Leon Botha, wat saam met sy vrou, Michelle, gesoek word, het glo Donderdag hier aangedoen, maar weggehardloop toe die polisie, lede van die buurtwag, privaatondersoekers en verskeie sekuriteitsmaatskappye op die perseel toegesak het.

Die werkswinkel/kommune behoort aan Botha se neef.

Buiten die werkswinkel waar motors herstel word, bly daar ook heelwat mense op die erf.

Die neef het gevra dat sy werkswinkel nie in die berig genoem word nie omdat hy nie wil hê die besigheid se naam moet “deur die modder gesleep word” nie.

My besigheid se naam moet net nie deur die modder gesleep word nie. Ek traai ook maar hard om hom aan die gang te hou, Oom,” het die neef versoek.

Vaalweekblad het vroeër berig die paartjie is oorspronklik van Pretoria maar bevind hulle moontlik in Vereeniging.

Hulle het moontlik ‘n baba by hulle.

Die paartjie, of enige iemand wat weet waar hulle is, word versoek om die polisie te kontak by 012 432 8776.

Die saak is op 19 Oktober by die Hammanskraal-polisiestasie geopen nadat die paartjie se stiefpa met ‘n tuinvurk aangeval is.

(Saaknomme: CAS 185/10/2021).

Hy het daarheen gehardloop. ‘n Buurman wys in watter rigting Leon Botha glo gehardloop het. Foto: Christiaan Cloete
Leon Botha en sy vrou Michelle word deur die polisie gesoek. Hulle kan moontlik help met inligting wat ‘n saak van ernstige aanranding en poging tot moord kan oplos. Dit volg nadat die paartjie se stiefpa glo met ‘n tuinvurk aangeval is in Hammanskraal. Die paartjie is blykbaar in Vereeniging. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button