Local newsNewsNews

Prag-versameling sluit foto’s uit 5 ander lande in

Vandag se prag-versameling sluit foto's in wat vanuit vyf ander lande (VSA, Panama, Nieu-Seeland, Maleisië en Andorra) ingestuur is.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel.  Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

Die enigste vereiste is dat die foto’s skerp en duidelik moet wees sodat dit mooi op die fotoblad vertoon.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Die 70ste fotoblad verkyn volgende week in Vaalweekblad/Ster.  Die Ster is Vaalweekblad se suster-koerant wat weekliks gratis by huise afgelewer word.

Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

“Port Dickson” – Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
John van Schalkwyk van Johannesburg het die pragtige foto geneem.
“The Palace of Fine Art” – Rickus Strydom (oud-Valie) wat nou in San Jose, California in die VSA woon, het die pragtige foto geneem. Besoek Rickus Stydom Photography se Facebookblad om van sy kunswerke te koop.
June Bartlett van George het die pragtige matriekafskeid foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Marna Nel (oud-Sasolburger) wat nou in Napier, Nieu-Seeland woon, het die mooi foto  van Oak Lane in Hastings, NZ geneem.
Lounette Linde (oud-Valie) van Pelindaba het die mooi foto geneem.
Rose du Toit (oud-Vanderbijler) wat die afgelope twee jaar in Panama woon, het die mooi foto geneem.
Jo-Mari Jansen van Vuuren (Pic A Memory) van Parys het die pragtige foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto by Engolasters Lake geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.
Cor Kuijpers van Vereeniging het die pragtige foto by die Vaaldam geneem.
Rico Bester van Kempton Park het die mooi foto geneem.
Sue-Mari Jonker het die pragtige foto op hul plaas plaas SchuilHoek Excelsior, Vrystaat, geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Monique Spamers van Vanderbijlpark het die pragtige monochroom foto geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi foto geneem.
Simone de Bruin (14) van Vanderbijlpar het die kunstige foto geneem.
Olivia Smit  (13) ‘n graad 7-leerling van die LS Handhawer in Vereeniging het die mooi foto geneem.
Gerald Gower van Sasolburg het die mooi aksiefoto geneem.
Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het die mooi foto op hul plaas net buitekant Brandfort geneem.
Scholtz Buys from Cape Town captured this beautiful photo.
Veronica Oosthuizen van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Angelique Jacobs van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Antoinette Smit (A-Infinite Photography) van Meyerton het die mooi landskap foto geneem. Kontak haar gerus by 078 955 7925.
Alicha de Beer van Meyerton (Love in a lens photography) het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus by 067 757 1346.
Jan Putter van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto geneem.
Casper Aucamp van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem.
Chantell Strydom (Strydom C Photography) van Vredefort het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus by 073 860 4241.
Christell Fouché van Drie Riviere-Oos het die mooi foto in McDougall Baai geneem.
Christo Meintjes van Pretoria het die mooi foto van ‘n Kaapse Wewer geneem.
Dalena Willeboordse van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Fransie Stevens (oud-Valie) van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem.
George Stevens het die pragtige foto geneem. George en sy vrou Fransie was jarelange inwoners van Vereeniging, maar woon nou in Garsfontein.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Irene Cloete het die oulike foto op die plaas Weltevreden in die Parys-distrik geneem.
Jeane Joubert van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Wendy Coetzee van Meyerton het die mooi natuurfoto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Johan Kleynhans van Vanderbijlpark het die mooi foto in sy tuin geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button