Local newsNewsNews

SHS dansers presteer

Veels geluk en sterkte vir die opkomende internasionale kompetisie!

Die Hoërskool Sasolburg High School (SHS) is trots op drie van hul leerders wat besonder goed gevaar het in die Talent Africa Danskompetisie.

Die nasionale kompetisie het oor die naweek van 23 Oktober 2021 in die Ernest Openheimer Teater in Welkom plaasgevind.

Milandri Fourie, Suné Du Rand en Marli Beckmann het gekwalifiseer om Suid-Afrika in die Stars Of The Universe International Championship in Desember te verteenwoordig.

Weens wêreldwye reisbeperkings sal die kompetisie aanlyn geskied.

Milandri Fourie het vier goue medaljés losgedans in die kategorieë Solo Contemporary, Duet Lyrical, Group Jazz en Group Lyrical.

Suné du Rand het goud verower vir Solo Lyrical, Group Jazz, Group Lyrical en Duet Street Jazz.

Sy het ook ‘n silwer vir Hip-Hop en ‘n brons medaljé vir die kategorie House dance gekry.

Marli Beckmann het silwer verdien in die kategorie Solo Lyrical en drie goue medaljes gekry vir Duet Lyrical, Group Jazz en Group Lyrical.

Veels geluk en sterkte vir die opkomende internasionale kompetisie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button