LifestyleNews

Vaaldriehoekse skoonheid as SA se Top Tiener gekroon

Sy het ‘n baie sagte plekkie vir mishandelde en verlore diere en bly om dié rede steeds baie betrokke met gemeenskapsdiens by organisasies wat dienste in hierdie verband lewer.

VANDERBIJLPARK. – “As jy dit kan droom, kan jy dit bereik.” Dit is die woorde van Suhané Bosch, ‘n 20-jarige plaaslike model en oudleerling van Hoërskool Driehoek, wat vroeër die maand die gesogte titel as Miss Teen South Africa voor meer as 30 nasionale finaliste weggeraap het. Met hierdie titel agter haar naam kry sy ook die geleentheid om Suid-Afrika op die internasionale loopplank te verteenwoordig.

Die deftige kroning, gereël deur Pageants SA, het by ‘n spoghotel in Pretoria plaasgevind. Buiten dat sy in die algehele topposisie weggestap het, is Suhané ook as Face of Teen South Africa 2021 in haar kategorie aangewys. Die geleentheid is “lewend” deur SSitvSA uitgesaai.

Dit was nie die eerste keer dat dié pragtige blondekop uit die Vaaldriehoek met ‘n gesogte nasionale titel bekroon is nie. In 2019, gedurende haar matriekjaar aan Hoërskool Driehoek, het sy reeds die titel as Mej. Elite SA (18-24 jaar) en verskeie bykomende spesiale toekennings ontvang.

Suhané, wat haar modelloopbaan by ACE Models in Vanderbijlpark begin het, is tans ‘n tweedejaarstudent aan Isa Carstens Academy in Pretoria, waar sy in Somatologie studeer. Sy bly tans daar in die koshuis en kom kuier naweke in Vanderbijlpark.

Sy het ‘n baie sagte plekkie vir mishandelde en verlore diere en bly om dié rede steeds baie betrokke met gemeenskapsdiens by organisasies wat dienste in hierdie verband lewer.

 

******************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button