Elmarie skud meer as 25 kg af met Dieet Waarvan Almal Praat!
Daar is geen inspuitings betrokke nie maar verslankers moet een maal per week 10 vet-afbrekende druppeltjies vir 15 tot 20 sekondes onder die tong hou. Hulle mag niks eet of drink in die voorafgaande of opvolgende 15 minute nie.
Met die koms van die inperking het baie mense se normale leefstyl heeltemal verander. Om van die huis af te kan werk het dalk groter rustigheid in ons daaglikse bestaan gebring, maar ook minder dissipline wat ‘n mens se eetgewoontes aanbetref. Baie van ons voel die gevolge daarvan om ons middellyf en dye.
Gelukkig kan jy teen Kersfees weer in jou gunsteling jeans of bikini pas as jy nou by die Dieet Waarvan Almal Praat se 10-weke program aansluit!
Elmarie Senekal (52) is ‘n voorbeeld van ‘n verslanker wat met trots op haar sukses kan terugkyk. Sy wou aanvanklik net 15 kg verloor maar het uiteindelik meer as 25 kg met die dieet afgeskud.
Elmarie se lewenswyse van ‘n kantoorwerk, baie sit, min oefening en verkeerde eetgewoontes het haar gewig tot 87 kg laat aangroei. Sy het by dieetkonsultant Maureen van Coppenhagen van Die Dieet Waarvan Almal Praat aangeklop en haar mikpunt daarop gestel om 15 kg te verloor.
Nadat ‘n eetprogram en spyskaart vir Elmarie uitgewerk is, het sy dit ten volle haar eie gemaak met toelaatbare aanpassings. Omdat sy lief is vir sop, het sy byvoorbeeld soms ‘n maaltyd wat uit vleis en groente bestaan, in ‘n pot saamgevoeg en ‘n lekker vullende sop daarvan gemaak.
“Ek het gevind dat die maaltye soms uit so baie kos bestaan het dat ek nie alles op een slag kon klaar eet nie,” sê Elmarie. Met haar eerste inweeg op 11 April het sy 87 kg geweeg en teen 18 Junie het sy reeds op 66.6 kg gestaan. Sy het daarna met haar nuwe eet-leefstyl voortgegaan en nóg 4 kg verloor.
Sy het aan die begin van die program ‘n tweedehandse trapmeul aangeskaf en kon aanvanklik net 5 minute per dag stap, maar na 13 weke kon sy reeds meer as ‘n uur per dag oefen. Elmarie het vandag hope energie en skryf dit daaraan toe dat sy nou reg eet en fikser is as voorheen.
Haar konsultant, Maureen, sê dat die inperking ook veranderinge in die roetine van die Dieet Waarvan Almal Praat se spreekkamers gebring het. Konsultasies word nou hoofsaaklik aanlyn oor Zoom of WhatsApp-oproepe gedoen, maar die leiding wat verskaf word is nog net so intensief soos voorheen.
Wanneer ‘n voornemende verslanker aansluit, weeg hulle in en word volledig ingelig oor hoe die dieet werk. Die kliënt se ouderdom, lengte, gewig en geslag word in aanmerking geneem om ‘n wetenskaplike eetprogram vir hom of haar uit te werk. Unieke aanpassings wor ook volgens spesifieke behoeftes gemaak. Die soorte kos wat toelaatbaar of nie-toelaatbaar is, word dan deeglik met die kliënt bespreek. Die voordeel van die spyskaarte is dat dit algemene kos bevat sodat die hele gesin kan saam eet en ‘n nuwe eet-leefstyl in plek geplaas kan word. Die dieet is ook heel geskik vir kinders.

Kliënte word ook aangeraai om meer aktief te wees. “Sukses berus 70% daarop om reg te eet en 30% op ligte oefening,” sê Maureen.
“Ons het dan weeklikse aanlyn konsultasie-sessies in die gerief van jou eie huis waartydens jy moet inweeg. My raad aan kliënte is om nie elke dag te weeg terwyl jy op die program is nie omdat mens se gewig kan fluktueer, maar wanneer jy jou doelgewig bereik het en net besig is met stabilisasie, moet jy ten minste drie maal per week weeg om seker te maak jy hou jou gewig onder beheer,” is haar raad.
“Baie mense sê dat die hoeveelheid kos per maaltyd te veel vir hulle is om op een slag op te eet. Luister na jou lyf en eet net totdat jy versadig is. Hou die res dan vir ‘n rukkie later om daardie maaltyd op te maak,” sê sy.
Daar is geen inspuitings betrokke nie maar verslankers moet een maal per week 10 vet-afbrekende druppeltjies vir 15 tot 20 sekondes onder die tong hou. Hulle mag niks eet of drink in die voorafgaande of opvolgende 15 minute nie.
* Sluit gerus aan by dié veilige, beproefde dieet, wat oor die afgelope 30 jaar reeds naam gemaak het as ‘n dieet wat régtig werk. Skakel (016) 362 2588 om meer daaroor uit te vind of besoek die webwerf www.the-diet.co.za
Onder is foto’s van Elmarie voor en na sy by die dieetprogram aangesluit het.





