News

Gerda Senekal, burgemeesterskandidaat vir die VF Plus in Emfuleni

Ondersteun Gerda en die VF Plus op 1 November en help skep 'n beter munisipaliteit

* Hierdie berig is saamgestel en geborg deur die Vryheidsfront Plus, en bevat nie noodwendig die standpunte van Vaalweekblad nie.

Gerda Senekal, burgemeesterskandidaat vir die VF Plus in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) word gereeld deur koerante, radiostasies en TV-kanale genader weens haar betrokkenheid in dié sukkelende munisipaliteit.

Sy is tans ʼn raadslid in Emfuleni en VF Plus-onderleier in Gauteng. Gerda is bekend daarvoor dat sy op verskeie platforms die Emfuleni-administrateurs verantwoordbaar gehou het vir wanadministrasie en het selfs ʼn klag teen die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, by die Vanderbijlpark-polisiekantoor ingedien weens die besoedeling van die Vaalrivier.

Sy is ook die party se hoofsweep in die stadsraad, koukusleier, VF Plus-takvoorsitter, lid van die party se dagbestuur en federaleraad.

Haar politieke kennis wat oor 20 jaar strek, is indrukwekkend en behalwe vir haar betrokkenheid by munisipale sake is sy lid van die Golden Triangle-besigheidskamer, voorsitter van die Emfuleni-voedselprojek, bestuurslid van die bejaarde forum en ʼn buurtwaglid in die Rusticana-woongebied. Sy is ook aktief betrokke by die Sewer Rats-projek. In 2019 ontvang sy die Peerless Pioneer-leierskaptoekenning van die Golden Triangle-besigheidskamer vir haar uitnemende werk in die gemeenskap.

Sy was in 2019/2020 ondervoorsitter van die munisipaliteit se veelparty vroueforum en vanaf 2019 tot op hede lid van die SALGA-vroueforum.

Sy is onderrig in publieke administrasie en het verskeie gevorderde kursusse in munisipale oorsig en die Munisipale Finansiële Bestuurswet bygewoon.

Ondersteun gerus vir Gerda op 1 November tydens die plaaslike munisipale regeringsverkiesing en help met die skep van ‘n welvarende gemeenskap in ‘n beter, veiliger en funksionerende Emfuleni munisipaliteit.

Raadslid Gerda Senekal van die Vryheidsfront Plus.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button