Soektog-data toon talle Suid-Afrikaners soek Squid Game-kostuums
Met Halloween wat Sondag 31 Oktober plaasvind wil dit voorkom of kostuums uit die Suid-Koreaanse reeks Squid Game hoog in aanvraag is.
Data van Google Search trends toon dat Suid-Afrikaners hoog en laag vir Halloween-kostuums soek, met kostuums uit Squid Games wat bo aan die lys is.
Die Netflix-reeks is ’n wêreldwyd ’n reuse sukses met meer as 11 miljoen kykers wat dit reeds gesien het sedert dit op Netflix bekend gestel is.
Die Suid-Koreaanse reeks handel oor mense wat skuld het of finansieël in die rooi is en dan instem om in ’n speletjie teen mekaar mee te ding om miljarde te wen.
Die spelers besef later dat die speletjie tot die dood gespeel word…
Die soektog-data toon ook dat al hoe meer Suid-Afrikaners die term “Halloween” in die afgelope 30 dae opgesoek met die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Gauteng, die Noord-Kaap en Vrystaat wat bo aan die lys is.
Die top Halloween-kostuum soektogte was as volg:
- Squid game costume
- Superhero costumes
- Catwoman costume
- Harley Quinn
- Masquerade costume hire
- Wednesday Addams costume
- Joker costume
- Money Heist costume
- Maleficent costume
- 10.Tinkerbell costume
