Vasvra op 31 Oktober – Jou laaste kans om dié maand te wen!
Vaalweekblad bedank ons wedstrydvennote, Harry's Butchery, Jansen Houtwerke, Gas Monkey en The Bar With No Name vir hulle borgskappe van kontant en ander pryse.

Hier is Oktobermaand se laaste vasvrawedstryd. Antwoord die vier vrae voor 12 uur vanaand om deel te wees van hierdie maand se inskrywings. (Almal mag deelneem, al woon jy buite die Vaaldriehoek. As jy ‘n wenner is, sal jou geld per EFT aan jou oorbetaal word).
Daar is R1000 kontant en verskeie pretpryse op die spel. As jy in Oktober ook aan die gelyklopende blokkiesraaisels in Vaalweekblad se papieruitgawe deelgeneem het, kom jy in aanmerking vir R2000 se pryse!
Stuur jou antwoorde per Whatsapp na 076 454 9256. Onthou om jou naam, jou van en dorp se naam by te voeg. (As jy nie weet wat die antwoorde is nie, kan jy dit by die skakels hier onder gaan vind).
1) Die VAN van ‘n verslanker wat 25 kg afgeskud het.
2) Voornaam van ‘n oud-onderwyseres wat die dryfkrag agter HS Vanderbijlpark se drama-suksesse was.
3) Liggaamsbouers Mark en Danelle se van.
4) Adv. Morné Pienaar is ‘n kandidaat in dié wyk in Metsimaholo.
Jy sal die antwoorde hier vind:
Elmarie skud meer as 25 kg af met Dieet Waarvan Almal Praat!
