Local newsNewsNews

Stemproses seepglad by Laerskool Frikkie Meyer

Gaan stem. Dis jou reg om jou stem te laat geld. Stemlokale is oop tot 21:00.

VANDERBIJLPARK. – Wyk 23 se kiesers in Vanderbijlpark se stemlokaal is by Laerskool Frikkie Meyer.

Teen 12:00 was daar heelwat motors buite die skool geparkeer, maar bittermin kiesers binne die skoolterrein.

Jan Viljoen, Michelle Herbst en Leonie Bridges met Vryheidsfront Plus se kandidaat vir Wyk 23 Hein van der Lith in die agtergrond. Foto: Gerda Bruinette

Anders as in die verlede, is die stembussies hierdie jaar in twee klaskamers naby die skool se eerste ingang.

Die skool ongergaan ‘n groot opgraderingsproses, daarom kon die saal nie soos gewoonlik ingespan word nie.

Almal is baie vriendelik en die hele proses gaan vinnig met die ekstra voordeel dat die stoepmuurtjie net die regte hoogte is om teen te leun terwyl jy jou beurt afwag.

Die DA verteenwoordigers by Laerskool Frikkie Meyer oor die middaguur is Edwin Mokena, Prince Mafatle en Bertha Mokena. Foto: Gerda Bruinette.

Die OVk amptenare het gesê hulle was vroegoggend baie besig, maar teen etenstyd was daar weinig mense.

Hulle verwag meer mense hier van 16:00 af.

Voor die skool se ingang is drie politieke partye teenwoordig.

Almal vriendelik en vol geesdrif ten spyte van die hitte en lang ure.

Mense wat nog wil gaan stem, moet maar hul eie swartpenne saamneem.

Maak ook seker dat die regte vorm in die regte stembus beland.

Onthou  jy moet stem waar jy geregistreer is.

Die ANC is verteenwoordig deur Pholoso Potsone en Tholakele Vilakazi. Foto: Gerda Bruinette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button