Local newsNationalNewsNews

Daar is nog mense wat omgee

Die Vaal se mense het weer bewys dat hul nog omgee deur 'n enkelma wat alles in 'n brand verloor het te help.

VANDERBIJLPARK. – Op Saterdag, 16 Oktober het ‘n enkelma met ses kinders se sinkhuisie in Bophelong Uitbreiding 1 afgebrand.

Niemand is beseer nie, maar hulle het al hul besittings in die brand verloor.

Die brand, veroorsaak deur ‘n parafien stofie het groot skade aangerig. Foto verskaf

Twee dae later het Jackie van Waveren, vorige president van die Rotary Klub van Vanderbijlpark, die nuus van Mkulu Tshabala van For Every Home for Christ ontvang.

Sy en Tersia Venter, een van die amptelike vriende van Lions Vereening, het dadelik begin om kos, klere en boumateriaal in te samel.

“Ek was weereens verstom deur die goedhartigheid van ons area se mense. Ons het binne ‘n week kos, klere en beddegoed ingesamel. Dankie ook aan Buco Vaal wat sinkplate verskaf het. Hierdie tipe gemeenskapsdiens is waarvoor Rotary daar is,” het Jackie dankbaar gesê.

Op 25 Oktober is daar begin om ‘n nuwe sinkhuisie op te sit.

Mkulu het namens die ongeïdentifiseerde vrou ‘n foto gestuur met ‘n boodskap: “Good morning Mama J here we go … she asked that I extend her gratitude.”

Mama J is Jackie se bynaam onder die inwoners van Bophelong.

Vir Jackie is gemeenskapsdiens tweede natuur.

Sy dink nie twee keer om in te spring en ‘n hele projek te organiseer om mense te help nie, maak nie saak wie die mense is of waar hulle bly nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button