Local newsNewsNews
ANC kry meeste stemme in Emfuleni, maar verloor heelwat setels
Die ANC het in die munisipale verkiesing 12 setels verloor maar met steun van 39.71% die ander partye in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit uitgestof.

Die regerende party het 50 setels gehad maar staan na die verkiesing op 38 setels.
Die DA het hul aantal setels van 22 tot 24 gegroei terwyl die EFF hul aantal setels van 11 tot 14 gegroei het.
Die Vryheidsfront Plus het hul aantal setels van 2 tot 6 gegroei, terwyl die PAC hul aantal setels van 1 tot 2 vermeerder het.
Nadat 100% van die stemme getel is wys die uitslae van die verkiesingskomissie dat die ANC 39.71% steun geniet met die DA tweede (26.91%) en EFF derde (15.59%).
*Die finale uitslae word Donderdagaand (4 November 2021) om 18:00 aangekondig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
