Local newsNewsNews

Diep slaggate toegestop

Proudly Three Rivers het Donderdagmiddag (4 November 2021) gevaarlike slaggate naby die kruising van Brandmullerrylaan en Golfweg toegestop.

VEREENIGING.- Hoewel dit nie ‘n permanente oplossing is nie sal dit beslis help om skade te aan motoriste se voertuie te beperk.

Veral met die reënbui wat Donderdagmidag uitgesak het.

Dit is beter om die gate te herstel as dit droog is.

Die diep gate is oor ‘n tydperk van baie maande deur erosie gevorm.

Die slaggate in Brandmullerrylaan is uitgekalwe deur rioolwater wat sedert die einde van Julie uit ‘n nabygeleë drein uit opstoot en oor die pad spoel.

Die lekkasie is al male sonder tal by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit aangemeld maar die munisipaliteit het tot dusver hul voete gesleep.

Inwoners van die buurt is keelvol vir swak dienslewering en hoop dat die uitslag van die munisipale verkiesing beter dienslewering tot gevolg sal hê.

Die regerende ANC het baie sleg gedoen in wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit waar hulle maar 4.43% van die stemme gekry het.

Proudly Three Rivers is deur ’n groep sakemanne van Drie Riviere gestig wat deur die agteruitgang van hul buurt bekommerd was.

Die stigters het besef dat indien hulle nie self moue oprol en betrokke raak by die verbetering van infrastruktuur nie, Drie Riviere so drasties agteruit sou gaan dat huisgesinne nie meer ’n waardige lewe in ’n aanvaarbare, veilige en gesonde omgewing sou kon lewe nie.

Die organisasie is afhanklik van donasies deur die publiek.

Besoek gerus Proudly Three Rivers se Facebook-blad of hul webwerf by https://proudly3rivers.showme.co.za vir meer inligting.

Jy kan hulle skakel by 060 562 0816 of ’n boodskap stuur aan info@proudly3rivers.co.za

Dit is nie ‘n permanente oplossing nie maar sal skade aan voertuie beperk. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button