Vroeë kersgeskenk – Nataniël by die ERT
Met pianis Charl du Plessis agter die klavier vier Nataniël oorlewing, hoop, inspirasie en ’n vroeë, genadige Kersfees.
SASOLBURG. – Daar wag ‘n groot lekkerte vir alle Nathaniël aanhangers. Op Sondag, 14 November bied hy twee vertonings aan by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.
Die eerste om 11:00 en die tweede een om 15:00. Kaartjies beloop R290 per persoon.
Nie net sal Nataniël en die befaamde pianis, Charl du Plessis vermaak uit die boonste rakke verskaf nie, daar sal ook ‘n Kersfeeswinkel in die foyer wees.
Kom koop heerlike gebak uit die Nataniëlreeks asook kerse, geskenke, keramiek en kombuisolies.
Charl se nuwe cd, IT TAKES THREE, en Nataniël se nuwe boek, 107 KAALKOPPE sal ook te koop wees.
Maak reg vir 80 minute van splinternuwe stories en goeie musiek wat alles insluit van soul, blues, pop en gospel tot Kersfeesmusiek.
Met pianis Charl du Plessis agter die klavier vier Nataniël oorlewing, hoop, inspirasie en ’n vroeë, genadige Kersfees.
Alle veiligheidsprotokol word gevolg. Maskers verpligtend. Geen kinders onder 15. Bespreek nou via WhatsApp: 0632175147

