Local newsNewsNews

Kollegepark se jongstes droom groot

Het jy geweet wat jy wou word voor jy skool toe is? Hierdie maats is heel seker van hul saak.

Die Graad RR leerders van die Laerskool Kollegepark het ‘n beroepsdag gehou op Vrydag, 5 November 2021.

Elkeen het aangetrek volgens die beroep wat hul graag eendag wil volg.

Na aanleiding van die foto’s wat op die skool se Facebookblad geplaas is, is daar sewe ballerinas, vyf dokters, twee tandartse, twee polisiemanne, drie veeartse, twee bouers en twee boilermakers (ketelmakers) onder die huidige Graad RR maats.

Dan is daar ‘n jongman wat ‘n krokodildokter gaan word en ‘n ander jongeling het gesê sy wil wildediere gesond maak.

Batman en Spiderman het ook opgedaag. Naas die superhelde was daar ook ‘n jagter, ‘n professionele skaatsplankryer, ‘n motorbestuurder, ‘n soldaat, ‘n onderwyseres en ‘n trokbestuurder.

Die trokbestuurder, Christo, het gespesifiseer dat hy slegs bakstene gaan aflewer.

Casey-Lee het gesê sy gaan eendag ‘n gimnas of danser word, terwyl Adriaan wil gaan boer.

Christiaan gaan rugby speel en Barry droom van argeoloog word.

Janli was uitgevat as ‘n vlieënier, reg om die res rondom die wêreld te neem.

Klein Mieke het nie net besluit wat sy wil word nie, maar ook presies waar sy gaan werk.

Die jongeling wil eendag “’n Kollegepark juffrou word.”

Mag elkeen van hierdie maats se drome waar word!  

Inligting en foto’s – Laerskool Kollegepark se Facebookblad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button