Midvaal-brandweermanne oes medaljes in
Brandweermanne van Midvaal-brandweer het Donderdag 4 November aan die Dräger Toughest Firefighter Challenge deelgeneem en altesaam vyf van die nege beskikbare medaljes ingepalm.
MEYERTON. – Die kompetisie wat deur die Duitse maatskappy Dräger (hulle vervaardig ondermeer asemhalingstoerusting en beskermende toerusting) geborg word stel brandweermanne se fisiese en geestelike vermoeëns op die proef.
Dit behels onder meer dat brandweermanne swaar voorwerpe ophys en sleep, hardloop en ander aktiwiteite wat brandweermanne se stamina toets.
Midvaal-brandweer se eerste span het ‘n eerste plek in die Taaiste Brandweerman-uitdaging (“Toughest Fireman Challenge”) en ‘n tweede plek in die Reddingsuitdaging (“Rescue Challenge”) behaal.
Midvaal-brandweer se tweede span het die Reddingsuitdaging (“Rescue Challenge”) gewen en ‘n tweede plek in die Taaiste Brandweerman-uitdaging (“Toughest Fireman Challenge”) behaal.
Midvaal-brandweer se Tertius Engelbrecht het ‘n tweede plek in die individuele uitdaging gewen.


Brandweermanne van Midvaal-brandweer. Foto: Verskaf
