
Marie Bothma van Vanderbijlpark skryf:
En so word Vanderbijlpark se lisensiekantore toe verlede Maandag beroof. Kontant, ‘n paar selfone en handsakke.
Ek het ‘n afspraak vir die hernuwing van my lisensiekaart. Ek daag dieselfde dag daar op. Nee, jammer, ons is toe tot Dinsdag.
Hoekom, vra ek. Julle was beroof maar jul krag is aan en jul rekenaars werk, so hoekom is julle toe? Ons is so geneig om enige verskoning te gebruik om nie te werk nie. Ja, ek was ook al in sulke omstandighede. Ja, dit is traumaties… But its business as usual…
Geen wonder mense word retrench en besighede maak toe nie. Ons sukkel, want ons is net te lui om te werk. Jammer, maar dit is hoe ek voel.
Foto onder: Vanderbijlpark se lisensiekantore (Fotograaf: Lazarus Dithagiso, Vaalweekblad/Ster)

**************************************************************************************
