Local newsNewsNews

‘Elvis’ in die Vaaldriehoek gewaar

Enige iemand wat Saterdagaand (6 November) die bekroonde Elvis-nabootser Shaky Russel se laaste Elvis-huldeblykvertoning by On the Vaal-restaurant by Riviera on Vaal gesien het sal vergeef word as hulle glo dat Elvis nog lewe!

VEREENIGING. – Die Koning van Rock and Roll mag dalk op 16 Augustus 1977 aan hartversaking gesterf het, maar Shaky Russel blaas met sy energieke vertonings, wit pak, blou suede skoene en nagemaakte bakkebaardjie nuwe lewe in Elvis in!

(Het Elvis nog gelewe sou hy op 8 Januarie volgende jaar sy 87ste verjaarsdag gevier het).

Daar is na raming tussen 250,000 en 400,000 Elvis-nabootsers wêreldwyd, maar min van hulle is so uitsonderlik passievol soos Shaky Russel!

Die man wat al gehore in Suid-Afrika en oorsee in vervoering gehad se energie en styl is baie soortgelyk aan dié van Elvis homself.

Shaky Russel het Saterdag se vertoning as die “Grand Finale” beskryf.

Mense wat sy Elvis-optredes gemis het sal ongelukkig moet wag tot hy weer ’n draai in hierdie geweste maak.

*Musiekliefhebbers kan egter uitsien na ’n huldeblykvertoning oor die Sweedse popgroep ABBA wat op 10 Desember by On the Vaal plaasvind! *Skakel die Riviera on Vaal Resort by (016) 420-1300 of stuur ’n e-pos aan info@rovresort.co.za vir meer inligting oor hierdie interessante vertoning wat voorlê.

Shaky Russel as ‘Elvis’ op die On the Vaal verhoog. Foto: Christiaan Cloete
Shaky Russel word as een van Suid-Afrika se beste Elvis-nabootsers geag. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button